Hoërskool Vredendal-nuus

Op Vrydag, 20 Oktober, sal daar ’n inligtingsessie by Hoërskool Vredendal wees vir alle graad 9-leerders en hul ouers. Die sessie sal van 07:30 tot 09:00 by die skoolsaal plaasvind. Die doel van die sessie is om leerders en ouers in te lig oor die vakkeuses vir graad 10. Dit is baie belangrik dat leerders en hul ouers die inligtingsessie moet bywoon want hulle sal volledig ingelig word oor alle nuwe vakke wat vir die graad 9-leerders in 2018 voorlê en daar sal ook geleentheid geskep word vir ouers en leerders om vrae te vra.

Hoërskool Vredendal se leerders het baie talente en is ook baie sportaktief. Die skool se eerste krieketspan het op Saterdag, 14 Oktober teen HTS Drostdy op Worcester gespeel. Die spelers was baie mededingend teenoor die spelers van HTS Drostdy. HSV het die wedstryd met vier paaltjies verloor en hul beste kolwers was Dian Steenkamp en Johan Nel wat goed gevaar het met 19 lopies elk. Die span gaan ook op Dinsdag, 24 Oktober teen die leerders van Augsburg Landbougimnasium op Augsburg se sportterrein speel.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?