Hoërskool Lutzville maak Matzikama trots

HS Lutzville is van een van die mees gevorderde skole wat kan spog met ’n 100% matriekslaagsyfer vir 16 jaar agtereenvolgens. Dit het harde werk en deursettingsvermoë gekos. Boonop was die klas van 2016 die spreekwoordelike kersie op die koek. Nie alleen het al 42 leerlinge voldoen aan die minimum vereistes vir naskoolse studie nie, maar 80% van die klas het ook met n B-graad vir universiteitstoelating geslaag. Vier van die leerlinge het ‘n gemiddelde A-simbool behaal. HS Lutzville is hard besig om vanjaar ook ’n sukses te maak met hul dinamiese onderrig en vasberadenheid.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?