Hoërskool Lutzville 100% slaagsyfer

Op 21 Februarie is die Wes-Kaapse toekenningsaand gehou vir skole wat uitstaande prestasies in die sistemiese Tale- en Wiskunde-toetse van 2016 behaal het.

In die kategorie vir top skole-presteerders in Tale en Wiskunde (graad 9), is slegs 11 hoër skole in die hele Kaapprovinsie genooi wat die aand deur die Wes-Kaapse Minister van Onderwys vereer is. Hoërskool Lutzville is aangewys as die top presteerder in die kategorie van hoër skole met minder as 600 leerlinge. Die skool het ’n slaagpersentasie van 100% in Wiskunde sowel as Afrikaans behaal, voorwaar ’n prestasie waarop die gemeenskap met reg baie trots is.

Wat hierdie prestasie meer merkwaardig maak, is dat dit die vyfde agtereenvolgende jaar is wat die graad 9-klas ’n 100% slaagsyfer vir Afrikaans behaal. Die skool is ook bevoorreg om vir die vyfde agtereenvolgende jaar na hierdie prestige aand genooi te word waar top-skole vereer word.

Elke jaar is Hoërskool Lutzville die skool wat die verste moet ry om hierdie aand by te woon, maar dit bewys dat die platteland ook kan meeding met groter skole. Verlede jaar is die skool byvoorbeeld aangewys as die top presteerder van groot en kleiner skole met die Wiskunde-uitslae vir graad 9.

Van links op die foto is: Mev Lombard (skoolhoof), mev. Koegelenberg (Afrikaans) en me. Haasbroek (Wiskunde), saam met die Graad 9-klas van 2016.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?