Hoe om stres te hanteer tydens die eksamen

Vir baie matrikulante is dit amper weer tyd vir die finale eksamen en vir matrikulante is dit ook een van die mees stresvolle tye. Dit plaas geweldig groot druk op die leerders en dit is die belangrikste tyd om goed te fokus en baie hard te studeer.

Hier is ’n paar wenke vir leerders oor hoe jy eksamenstres kan hanteer en hoe ouers ’n bydrae kan maak om te help daarmee:

  • Sorg dat jy in ’n stil omgewing leer, weg van die TV of enige iets wat geraas maak.
  • Organiseer jou lessenaar sodat daar genoeg spasie is waar jy jou skryfboeke, handboeke en skryfbehoeftes kan uitpak.
  • Stel vir jouself ’n studierooster op wat pouses of rustye insluit (probeer om vir ’n uur te studeer en vat dan ’n kort ruskans).
  • Sorg dat jy genoeg slaap die aand voor jy skryf – dit is baie belangrik dat jy goed uitgerus is as jy weet jy gaan eksamen skryf.
  • Drink genoeg water en eet gesonde versnaperings. Dit kan help dat jy goed fokus en konsentreer.
  • Maak seker dat jy die oggend voor jy skryf ’n gesonde ontbyt eet.
  • Vermy kitskosse tydens die eksamen. Dit kan jou kind se konsentrasie beïnvloed en ook die suikervlakke benadeel.
  • Vermy dit ook om koffie te drink tydens studie en eksamentyd.
  • Sit jou selfoon af wanneer jy studeer, anders sal jy nie kan konsentreer nie.
  • Die belangrikste is om in jouself te glo en jy sal goed doen tydens die eksamen.

Probeer hierdie wenke tydens eksamentyd. Dit sal jou help om te konsentreer en om jou vraestelle te skryf tot die beste van jou vermoë.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?