Hoe om olierige vel te versorg

Die somer is hier en skielik is mens se T-strook ‘n blink affêre. Gelukkig is daar ’n paar maniere wat jy jou vel onder beheer kan hou vir die volgende paar maande. Lees gerus verder.

Begin met ’n goeie gesigwas

Baie mense wat sukkel met olierige vel verkies ‘n gesigwas wat baie skuim maak en hul vel behoorlik skoon laat voel. Squeeky Clean soos hulle sê. Die probleem kom wanneer hierdie produkte jou vel se beskermende vetlagie afweer, wat veroorsaak dat jou vel al droër raak. Die vel se oliekliere reageer dan dikwels deur nog meer olie te produseer, en boonop raak jou vel meer sensitief.

As jy graag ‘n gesigwas wil gebruik wat skuim, soek een wat steeds sag op jou vel is, en sonder bestanddele soos alkohol wat jou vel kan uitdroog.

Nog ’n paar wenke vir ’n olierige vel

Was jou gesig met louwarm water. Hoë temperature kan olie-produksie stimuleer.

Moenie jou vel droog vryf nie. Druk die handdoek liggies teen jou vel.

Gebruik ’n ligte vogroom in die somer. Bestanddele soos gliserien, urea en petroleum-jellie kan swaar en taai voel gedurende die warm maande. Soek eerde vir produkte met Hyaluronic Acid om te bevogtig.

Gebruik ’n primer voor jou onderlaag. Soek vir iets wat olie sal absorbeer en keer dat jou grimering skuif.

Gebruik ’n poeier-onderlaag.

Hou ’n gesigpoeier in jou sak om olie deur die dag in toom te hou.

Gebruik ’n kleimasker eenmaal ’n week. Produkte met Kaolin of geaktiveerde houtskool is veral effektief.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?