Hoe om nie jou sleutels in ’n swembad te verloor nie

Ons weet dat in Desember temperature maklik met jou oond vergelyk kan word. Dus gaan swembaddens die koelste plek wees vir mense wat uit die hitte wil kom.

Maar daar is tye wanneer ’n swembad net te lekker kan wees – heelwat mense het al hul sleutels in ’n swembad verloor. Build It op Vredendal het ’n antwoord vir jou: screw eyes (klein hakies waarvan die hakie heeltemal sluit), ’n paar kurkproppe en sleutelhouers vir elke twee sleutels. Jy hoef nie al jou sleutels swembad toe te neem nie. Neem net jou huissleutel en as jy meer nodig het, versprei hulle.

Koop ’n paar screw eyes beskikbaar by Build It op Vredendal en draai een in by elke kurkprop. Heg dit aan jou sleutelhouer en dan jou een of twee sleutels. Dae by die dam of swembad sal rustiger wees met hierdie meganisme in plek.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?