Hoe om konflik by die werk te hanteer

Jy wil net jou werk doen en jy is nie lus vir die alewige onderonsies en geskinder by die werkplek nie. Jy hou jou sover moontlik uit enige konflik by die werk. Soms word jy egter teen jou sin by konflik betrek. Hier is raad oor hoe om drama in die werkplek te hanteer:

Indien ’n kollega jou ontstel deurdat hy of sy jou sleg behandel of skinderstories oor jou versprei, spreek die probleem onmiddellik aan deur die betrokke persoon te konfronteer of om die situasie met jou baas te bespreek.

Bly weg van mense wat alewig negatief is of oor ander mense skinder – hulle negatiwiteit sal mettertyd op jou afsmeer.

Indien ’n persoon jou voor ander kollegas verneder of verskree, bly kalm en professioneel. Reёl later ’n vergadering waartydens die persoon rustig sy of haar ongelukkigheid met jou kan deel.

Moenie die een wees wat oor jou werk kla en ’n negatiewe atmosfeer in die kantoor skep nie.

Indien mense oor jou houding of oor jou werk kla, moenie dit bloot met ’n skouerophaling afmaak nie. Luister altyd aandagtig na kritiek en omskep dit selfs in konstruktiewe kritiek wat jou as mens en werknemer sal laat groei en ontwikkel.

Bron: www.psychcentral.com

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?