Hoe om die winter aan te pak

Hier in die Matzikama kan dit net so koud word soos wat dit kan warm word. Soms is die winter só erg dat die Vredendalbrug verspoel, soos ’n paar jaar gelede. Wanneer dit winter is, wil mense soms sommer in hul nagklere werk toe gaan aangesien dit eenvoudig te koud is om uit te trek.

 

Hier volg ’n paar wenke oor hoe jy die winter kan aanpak.

 

  1. Maak seker om altyd sokkies aan te trek wanneer jy gaan slaap, wanneer jou voete warm is, is jou lyf warm.
  2. Maak geregte soos sop, bredie en gebraaide hoender, dit is vullend en lekker warm.
  3. Sit jou klere in ’n tuimeldroër sodat dit warm is wanneer jy dit aantrek.
  4. Kry vir jou ’n paar winterstewels, dit lyk altyd mooi by ’n denim en dit hou jou bene warm.
  5. Skaf ’n paar serpe aan, dit is hoogmode en dit hou jou bors en nek snoesig.
  6. Maak seker jy mis nie ’n lekker koppie boeretroos nie, dit sal jou wakker maak en dit maak jou lyf van binne warm.
  7. ’n Warmwatersak is baie handig, veral wanneer jy voor die televisie sit om jou sepies te kyk.
  8. Kerse is ook ’n baie goeie ding om in die winter te hê – behalwe dat dit romanties is, dien dit ook as ’n verhitter.
  9. Dit is die perfekte tyd om ’n nuwe klerekas te kry. Oortrektruitjies lyk altyd netjies en dit hou jou warm. Dit kan saam met ’n moulose T-hemp en denim gedra word.
  10. Steek ’n vuurtjie aan en sit lekker saam met vriende om gesellig te wees en dieselfde tyd bly jy warm.

Dit is maar ’n paar wenke wat jy in ag kan neem wanneer die winter aanbreek. Winter kan lekker wees as jy dit vir jouself lekker maak.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?