Hoe om die beleggingsmarkte te oortref

Die eerste minister van finansies in die demokratiese SA was ’n man met die naam Derek Keys. Hy het ’n filosofie gehad tot die bou van sterk spanne wat gegrond was op die veronderstelling dat solank as wat enige persoon meer as 50% die regte besluite neem, sou daar vooruitgang wees.

Suksesvolle beleggings is gegrond op dieselfde uitgangspunt. Beleggers maak geld wanneer hulle meer as 50% van die tyd reg raai. Emosies is baie keer geneig om die oorhand van beleggers se besluite te kry en daarom verdien hulle baie keer minder as die mark. Reaksie op enigiets anders as ’n omsigtige besluit sal die opbrengs van die belegging wat deur die markte verdien kan word, verminder.

Navorsing het getoon dat selfs wanneer beleggers 75% van die tyd reg raai, dat hulle steeds ongeveer 7% slegter vaar as die markte. Die rede hiervoor is dat hul tydsberekening verkeerd was vergeleke met die mark. Hierdie spesifieke navorsing dui aan dat die oplossing juis is om vir ’n lang tydperk in die mark te bly belê.

Baie mense is bewus daarvan, maar om dit anders te stel, moet jy die emosionele vooroordeel uit jou besluite verwyder. Ten spyte van wat jy gelees en gehoor het, bevraagteken altyd jou eie mening deur te luister na die argumente teen jou besluit en probeer om die emosie uit jou groot finansiële besluite te hou.

Dit is belangrik om die korrekte mengsel van bates te kies om in te belê (diere, kontant, effekte, eiendom, of aandele) wat volg op goeie beplanning van jou beleggingstermyn en doelwitte. Moenie skaam wees nie en vra vir raad, meer raad en dan nog meer raad.

Tweedens, moenie paniekerig raak oor die beleggingsopbrengste nie. Navorsing oor die afgelope 35 jaar het getoon
dat aandelemarkte positiewe opbrengste oor elke tydperk van 5 jaar opgelewer het.

Derdens sal emosionele reaksies op mark bewegings jou altyd geld kos. ’n Goeie voorbeeld is waar enigiemand wat beleggings in die aandelebeurs gedurende of ná die 2008 regstelling verkoop of verskuif het, sou verloor het op die groei van 150% wat plaasgevind het in die jare daarna. Niemand sou 150% van hul waarde voor die regstelling verloor het nie en dus was die enigste verloorders, dié wat paniekbevange geraak het.

Dit is dus altyd beter om by jou langtermyn beleggingsdoelwitte te hou en te bly.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?