Hierdie kossoorte moet jy liefs nie in die yskas bêre nie

Gedink die yskas is die beste plek om al jou kossoorte te bêre? Dink weer! Sommige groente en vrugte hou glad nie van die binnekant van ’n yskas nie. Hulle verloor smaak, raak nie ryp nie en kan selfs melerig en pap raak. Hier is sewe kossoorte wat jy liefs in jou koskas of spens moet berg:

Piesangs
’n Bos onryp piesangs sal nooit in ’n yskas ryp word nie. Dit sal net so groen bly soos die dag toe dit verpak is.

Aartappels
Hierdie groentesoort raak melerig en verloor sy smaak omdat die koue die stysel afbreek. Hou dit in ’n koel, droë en donker kas. Verwyder ook die plastiekverpakking waarin dit gekoop is.

Uie
Tensy jy jou yskas en alles daarin na uie wil laat ruik, is dit beter om dit by kamertemperatuur te hou in ’n groentemandjie wat lug deurlaat. Yskastemperatuur sal ook die uie sag en papperig maak.

Heuning
Hou dit in jou kruideniersrak, want in die yskas gaan suikerkristalle vorm wat minder smaaklik is.

Waartlemoen
Kamertemperatuur is net die ding om ’n waartlemoen ryp te laat word en sy smaak te verbeter.

Avokado
Gewoonlik koop mens dit wanneer dit nog kliphard is. ’n Yskas sal hom só hou, dus is ’n donker koel plek die perfekte keuse vir avokado’s.

Tamaties
Tamaties word vinnig pap en melerig. Hou dus ver weg van die yskas!

Berig verskaf deur Sterre. Vir nog nuus en artikels besoek Sterre se webtuiste by sterre.co.za/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?