Het jy dalk karpale tonnelsindroom?

Karpale tonnelsindroom is ’n toestand wat ’n lam gevoel, tinteling, pyn en swakheid in jou hand en pols veroorsaak. Dit gebeur wanneer verhoogde druk op jou mediane senuwee toegepas word. Dié druk word veroorsaak deur inflammasie, swelling, volgehoue polsposisies en oorgebruik van jou hand. Jou mediane senuwee en verskeie ander tendons se verloop is in jou voorarm, deur ’n klein spasie – jou karpale tonnel, tot in jou hand.

Karpale tonnelsindroom raak erger oor ’n verloop van tyd, as dit dus vroegtydig opgetel en behandel word kan dit verbeter word met eenvoudige maatreëls soos die dra van ’n polsspalk of deur sekere aktiwiteite te vermy.

Indien die druk op die senuwee egter aanhou toeneem, kan dit die senuwee beskadig en nog erger simptome tot gevolg hê. Om permanente skade te voorkom word daar soms ’n operasie aanbeveel om die drukking van die senuwee te verwyder.

Simptome van karpale tonnelsindroom sluit in:

  • ’n Lam gevoel, tinteling soos naalde en spelde, brandgevoel en pyn hoofsaaklik in duim-, indeks-, middel- en helfte van jou ringvinger
  • ‘Skok-gevoel’ in hand
  • Pyn en tinteling in voorarm en skouer
  • Swakheid en ‘dom gevoel’ in hand wat dit moeilik maak om fyn aktiwiteite uit te voer (soos bv. knope vasmaak)
  • As jy gereeld voorwerpe laat val (dus ’n swak greep)
  • Nagpyn
0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?