Helenè Bester en Kristi kat se eerste musiekvideo is hier

Die liewe, vriendelike kat, Kristi, se eerste musiekvideo saam met Helenè Bester, is vrygestel. Kesie is die titel van hierdie gesogte kindermusiekvideo. Bester en Kristi Kat gaan kuier op ’n plaas waar hulle wonderlike diere ontmoet en die eerste dier waarmee hulle te doen kry is Kesie die Apie.

Volgende jaar stel Helenè en Kristi Kat ’n DVD vry. Kristi Kat maak op hierdie reis vir die eerste keer kennis met ’n trekker. Helene sing saam met hom oor al hierdie opwindende avonture. Kristi Kat groet almal met die Kristi Kat-groet – iets interessant vir die kleintjies onder ons.

Helenè en Kristi Kat sing ’n paar nuwe komposisies soos Trekker en Gras, Blommetjies en bome. Maar die nuut verwerkte liedjies (Roche Victor) vanuit die FAK is ewe pittig. Dis Kesie, Gomverdorie Poetoepap, Hasie, Op die plaas en nog vele meer, wat die kleinspan se vrae oor diere en die natuur beantwoord.

Berig verskaf deur Sterre. Vir nog opwindende nuus, artikels en smullekker resepte besoek Sterre se by sterre.co.za/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?