GVJ-gholfdag

Op Saterdag, 18 November het GVJ Electrical and Instrumentation Contractors ’n gholfkompetisie aangebied op Lutzville-gholfklub. Die verrigtinge het om 13:00 begin en die formaat van die dag was ’n beterbal met voorkeurdryf.

Volgens Oubaas Kersop, lid van die Lutzville gholfklub, was die naweek se verrigtinge die grootste kompetisie van die jaar.

“Dit was seker ons grootste gholfdag van die jaar en al die spelers het hulself geniet. Met 60 spelers in die veld was daar ’n beterbal met voorkeurdryf gespeel.

Daar was ook na die wedstryd pryse uitgedeel aan die beste spelers en die spelers wat die kompetisie gewen het, is as volg:

Bolla Brand en Charles-Reinhardt Kersop met 54 punte
Boetie Mouton en Gerald Etsebeth met 49 punte
Frans Huisamen en Johan van Zyl met 48 punte

“Ons is lekker bederf met Duitse geregte en dit was beslis ’n dag om te onthou. Dankie Mick, Sepp en die GVJ groep,” voeg Kersop by.

Vir meer inligting oor enige gholfverrigtinge, kontak Oubaas Kersop by 082 230 4801 of stuur ’n
e-pos na oubaas.kersop@syngenta.com.

  

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?