Graanhanteerders skuif tonne graan

Graanhanteerders in Suid-Afrika het verlede jaar uitstekende werk gedoen om die beskikbaarheid van graan te verseker en sodoende ’n bydrae gemaak tot voedselsekerheid. Suid-Afrikaanse graanhanteerders het verlede jaar onder moeilike omstandighede verseker dat graan beskikbaar is in Suid-Afrika en buurlande, en het sodoende ’n bydrae gemaak tot voedselsekerheid, het me. Annetjie Loio, voorsitter van die graanhanteringsorganisasie van Suider-Afrika (Gosa), by hul onlangse simposium op Mosselbaai gesê.

“Behalwe dat hulle ’n plaaslike mielie-oes van meer as 7 miljoen ton hanteer het, is meer as 2 miljoen ton mielies deur die hawens van Kaapstad, Durban, Port Elizabeth, Oos-Londen en Richardsbaai ingevoer.”

Ander lande se invoere
Sy sê wit mielies is van Mexiko en Amerika ingevoer en geel mielies van Argentinië, Brasilië, Roemenië, Oekraïne en Amerika. “Ons lede het meer as 66 skeepsvragte mielies afgelaai. Die grootste daarvan was ’n skip van Oekraïne met 54 547 ton geel mielies aan boord. In ’n stadium het ons lede in Durbanhawe 160 spoorwegwaens en 400 vragmotors per dag gelaai.

“Die invoer van koring, graansorghum, sojabone, sonneblomsaad en oliekoek is ook suksesvol hanteer, terwyl mielies vir ons buurlande deur Suid-Afrikaanse hawens en die hawens van Maputo en Beira ingevoer is.”

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?