Goue reël: hou matigheid voor oë

Daar is tans geweldig baie dinge in die nuus wat Suid-Afrikaanse verbruikers gespanne maak. Van waterbeperkings en -tekorte, petrolpryse wat gaan styg tot hoë belastingkostes vir 2017. Die huidige ekonomiese klimaat het almal aan die sweet.
Hoewel ’n moelike finansiële realiteit verbruikers in die gesig staar, moet hulle nie hoop verloor nie. Daar ʼn paar dinge wat gedoen kan word om die mas op te kom in ekonomiese tye soos wat ons nou beleef:
Vermy luukse artikels
Lewe in matigheid, ʼn uitspattige leefstyl is duur. Om jou leefstyl en doelwitte so nou en dan aan te pas is nie noodwendig sleg vir jou nie, veral as dit die huidige ekonomiese situasie van die land reflekteer. En jy sal verbaas wees hoe gou jy en jou gesin gewoond sal raak aan ʼn minder uitspattige leefstyl.
Dis ook tyd om ’n begroting op te stel en daarby te hou. Kyk na jou maandelikse uitgawes sodat jy presies weet wat dit kos. Sodoende kan jy ook onnodige luukse artikels uitskakel. Selfs klein dingetjies soos wegneem-koffie, waaroor jy dikwels nie eens twee keer dink nie, maak oor ʼn tydperk ʼn groot verskil aan jou begroting.
Lees ook: Spaar so geld
Bly eerder tuis
In plaas van uitgaan na restaurante of kroeë, wat jou ’n klomp geld uit die sak kan jaag, doen bekostigbare en lekker dinge saam met jou gesin of vriende. Hou ’n piekniek en laat almal wat kom, iets bring om te eet of te drink. Kyk dvd’s van die nuutste flieks, maak springmielies en goedkoop vesnaperinge vir almal om die TV.
Indien jy kan, moenie jou kruideniersware daagliks by die winkeltjie net om die hoek koop nie. Hulle pryse is gewoonlik duurder as dié van groot kettingwinkels.
En as jy byvoorbeeld kyk na watter kos jy moet koop, is gemorskos nie altyd die beste vir jou gesondheid of jou beursie nie. Hou ook die weeklikse koerantadvertensies dop. Kettingwinkels het dikwels spesiale aanbiedinge wat die druk op jou beursie ligter maak.
Spaar geld op krag, water en ligte
Mens word van kleins af geleer om spaarsamig te werk met krag, water en ligte. Hier is ’n paar wenke.
Moenie die yskasdeur te lank oophou nie.
Wees bewus van die energievrate soos die oond en die skottelgoedwasser.
Sonkrag-geisers is beter as konvensionele geisers.
Skakel alle lamp- en kragpunte af.
Maak gebruik van lae-energie of LED-ligte.
Moenie die krane te groot oopdraai of laat drup nie.
Stort eerder as om te bad.
Gebruik badwater vir die tuin.
Lees ook: Beheer jou ego, beheer jou geldsake
Betaal jou skuld
Vanweë van stygende rentekoerse gebeur dit deesdae dat jou skuld teen ’n enorme spoed ophoop. Maak ’n punt daarvan om oortollige skuld te vereffen. Dit is beter om korttermynskuld met hoë rentekoerse eerste af te betaal, soos byvoorbeeld klererekeninge en lenings. As jy ’n hoop skuld het, moet jou eerste prioriteit wees om ontslae te raak daarvan. Dit sal jou vry maak van maandelikse verpligtinge wat jou kontantvloei opvreet.
Bron : Huisgenoot

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?