Goegap-bergfietsuitdaging

Op Saterdag, 21 Oktober vind die Goegap-bergfietsuitdaging plaas en dit word aangebied deur die Namakwaland-fietsryklub. Die verrigtinge sal om 07:30 afskop by die Goegap-natuurreservaat net buite Springbok, maar registrasies begin om 07:00.

Volgens Sonia Beukes, organiseerder van die geleentheid, word daar 4 verskillende roetes aangebied, die roetes bestaan uit ’n 5 km (vir die klein trappertjies), 15 km, 30 km en 47 km.

“Hoewel dit baie droog is, is die roetes steeds mooi en die diere volop. Dan het ons ook vanjaar vir eerste keer ’n trailrun saam met ons bergfietsroetes en dit is ’n ongelooflike mooi roete oor 10 km wat jy kan draf of stap,” sê Beukes.

Beukes voeg ook by dat daar ná die verrigtinge gratis drankies beskikbaar sal wees en dat House of Hope (’n organisasie wat omsien na mishandelde vroue en kinders) verkope gaan hou om geld in te samel.

“Elke deelnemer kry ook ’n interessante geskenkpakkie saam met die inskrywing en daar is ook lekker pryse op die spel om na uit te sien, sowel as gelukkige trekkings. Ons bring vanjaar ook hulde aan ons groot fietsryer, Gawie Grobbelaar,” sê Beukes.

“Dis ’n heerlike gesinsdag en Goegap het braaigeriewe vir almal wat ná die verrigtinge nog verder saam wil kuier,” voeg Beukes by.

Die inskrywingsfooie vir die dag se verrigtinge is as volg:

  • R65 vir die 5 km-roete
  • R65 vir die 15 km-roete
  • R120 vir die 30 km-roete
  • R140 vir die 47 km-roete (afslag vir gesinne wat 3 of meer gesinslede inskryf).

Daar is ook ’n ekstra inskrywingsfooi van R30 vir volwassenes, R18 vir pensionarisse, R6 vir kinders en vir kinders onder 6 is dit gratis.

Vir meer inligting oor die Goegap-bergfietsroete, kontak Sonia Beukes by 082 388 5320 of stuur ’n e-pos na wacb4.bk@gmail.com.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?