Gholfdag op Vredendal

Eerskomende Saterdag bied Hoërskool Vredendal ’n gholfdag aan wat gaan plaasvind by die Vredendal-gholfklub. Hierdie dag gaan nie net ’n rondte gholf behels nie, maar ook ’n lekker kuier na die tyd.

Die gholfdag dien as fondsinsameling vir die Hoërskool Vredendal. Die hele dag se bedrywighede sal jou net R200 kos. Dit sluit in: ’n rondte gholf oor agttien gate waaraan almal individueel gaan deel neem, en na die tyd is daar ’n lekker dans waar Nic Stevens gaan optree.

Die afslaan tyd is om 13:30. Kom geniet die dag saam met die gholfspelers in ons area en ondersteun vir Hoërskool Vredendal terwyl jy jou gate uit geniet!

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?