Gholfdag op Lutzville

Daar word eerskomende Saterdag ’n houespel-gholfdag op die Lutzville-gholfbaan gehou. Verskeie lede, oud en jonk, gaan aan die toernooi deelneem. Houespel is ’n speltipe waar elke speler 18 gate speel, waarna jou voorgee of aantal houe aan die einde van die rondte opgetel word.

Afslaantyd is om 13:00. Daar is wel ’n inskrywingsfooi van R100 betrokke, maar dit is altyd die moeite werd om op Lutzville se pragtige baan te speel.

Ná die rondte van 18 gate word daar ’n bring en braai by die klubhuis gehou. Almal wat aan die gholfdag deelneem, is hartlik genooi om die lekker braaivleis en goeie geselskap te geniet. Ons wens al die gholfspelers voorspoed toe en ons hoop julle sal hope pret hê. Mag die beste speler wen.

Bron : Oubaas Kersop. (Lid van gholfklub)

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?