Gholfdag op Lutzville

Op Saterdag, 14 Oktober het die lede van die Lutzville-gholfklub die eerste JP Rust-gholfdag gehou om hulde te bring aan JP Rust, wat altyd bereid was om te help.

Volgens Oubaas Kersop, lid van die Lutzville-gholfklub, het die lede jaarliks ’n Nulandis/Inteligro Syngenta-gholfdag en die lede het besluit om hierdie gholfdag na JP Rust te noem en hom daarmee te herdenk en onthou.

“Ons het Saterdag om 13:00 afgeslaan met vier spelers in ’n span. Almal moes egter op die kort gate met een arm slaan om iets deur te maak wat JP gehad het en dat die res van die gate ’n American scramble was,” sê Kersop.

Die wenners van die dag is as volg:

1ste plek wenners:

  • Bolla Brand
  • Fernando Fredericks
  • Vernon Diergaard
  • Dimitri Jacobs

2de plek wenners:

  • Riaan Smit
  • Dirko Smit
  • Inus Schenck
  • Leon Wessels

3de plek wenners:

  • Nick Dryer
  • Thys Dryer
  • Gerrit van Rooyen
  • Bernardt Barnard.

“Die dag is ook lekker afgesluit met ’n prysuitdeling waar elke span ’n prys ontvang het en twee skape is gespit,” sê Kersop.

“Ons wil ook dankie sê aan die volgende borge wat die dag moontlik gemaak het: Cropsystems, Syngenta, Nulandis/Inteligro en Atlantic Fertilizer en ons wil ook vir Adriana Rust en Hennie Rust bedank want hulle het ’n trofee en medaljes vir die wenners geborg,” voeg Kersop by.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?