Gholfdag by Lutzville-gholfklub

Op Saterdag, 21 Oktober het die lede van die Lutzville-gholfklub ’n MSR/Srixon/Cleveland-gholfdag gehou. Die verrigtinge het plaasgevind by die gholfbaan op Lutzville.

Volgens Theunis Mostert, lid van die Lutzville-gholfklub, was Mineral Sands Resources (MSR), die primêre borg en die opbrengs van die dag gaan aan Lutzville-Wes se skool vir die opgradering van skoolgeriewe.

“Verteenwoordigers van Srixon en Cleveland-gholf het raad aangebied oor die gholftoerusting. Hierdie is ’n diens wat slegs by pro-winkels beskikbaar is,” sê Mostert. Mostert voeg ook by dat die formaat van die dag ’n beterbal-pare en enkelbal-stableford was.

“Die dag was ’n groot sukses met ’n vol baan,” sê Mostert. Die uitslae van die gholfdag is as volg:

Beterbal-pare:

  1. Jacques Lans & Petrie Burger – 48 punte
  2. Bolla Brandt & Stoffel Eilard – 47 punte
  3. Gustav de Vries (Snr) & Gustav de Vries (Jnr) – 46 punte
  4. Colin Sawyer & Esther Sawyer – 45 punte
  5. Jaco Visagie & Fanie Loubser – 44 punte

Enkelbal-stableford:

  1. G. Philander – 49 punte
  2. V. Scholtz – 40 punte
  3. K. Jacobs – 38 punte
  4. M. Thys – 36 punte
  5. K. Vaaltuin – 32 punte

          

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?