Gholfdag by Lutzville Gholfklub

Op Saterdag, 11 November, bied Christo Smit en Santam ’n gholf-kompetisie aan vir die lede van die Lutzville Gholfklub. Die afslaantyd van die dag is om 13:00.

Volgens Oubaas Kerskop, lid van die Lutzville Gholfklub, is die formaat van die dag ’n enkel stabelford en baaifooie en inskrywingsgeld beloop R150 per persoon.

“Daar is slegs plek vir 64 spelers en indien ’n speler sy plek bespreek het, maar nie opdaag om te speel nie, sal die speler eers die vorige inskrywings betaal voor enige van die spelers aan enige ander gholf-kompetisie kan deelneem”, sê Kersop.

Kersop voeg ook by dat daar hope pryse is om te wen en dat die wedstryd van die Springbokke en Ierland op die grootskerm gekyk gaan word. Spelers kan hul vleis saambring want daar gaan ná die gholfverrigtinge gebraai word om Stephan, die kroegman, se 50ste verjaardag te vier.

Indien jy dalk wil inskryf, kontak Oubaas Kerskop by 083 230 4801 of stuur ’n e-pos na oubaas.kersop@syngenta.com. Inskrywings sluit op Vrydag, 10 November om 17:00.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?