Geurige hoendergereg met groente-rys

Met die winter wat om die draai is, is dit weer tyd vir heerlike kookkos soos net jou ma dit kan maak. Hier in die Matzikama kan dit net so koud raak soos wat dit kan warm raak. Probeer gerus die resep hieronder deur Toorkombuis.

 

Bestanddele:

1.5 – 2 kg hoenderstukke

185 g (so ’n bietjie meer as ’n halwe koppie) molasse

4 knoffeltoontjies, baie fyn gekap

2 eetlepels Dijon mosterd

1 ui, geskil en baie dun gesny

1 eetlepel olyfolie

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

 

Metode:

Geur die hoenderstukke met sout en peper na smaak.

Meng die molasse, mosterd, knoffel, ui  en olie in ’n glasbak.

Doop elke hoenderstuk in die mengsel sodat dit goed bedek is.

Plaas die hoenderstukke in ‘n oondroosterbak wat goed met nog ’n bietjie ekstra olyfolie gesmeer is.

Die molasse-mengsel wat in die bak agtergebly het, kan nou in lepelsvol oor die hoenderstukke geskep word.

Bak in ’n voorafverhitte oond vir ongeveer 40 minute of tot die hoender gaar is.

Bedien op ’n heerlike groente-en-bonerys.

 

Groente-en-bonerys

Genoeg vir 4 – 6

 

Bestanddele:

3 eetlepels botter

1 eetlepel olie

1 groot ui, fyngekap

3 knoffeltoontjies, gekneus en fyngekap

1 van elk rooi, groen en geel soetrissies, wit gedeeltes en sade verwyder en in repies gesny

1 groot of 3 klein murgpampoentjies, in stukkies gekap

2 koppies rys

1 teelepel droë origanum

1 x 400 g blik niertjieboontjies, goed afgespoel en gedreineer

4 koppies hoender- of groente-aftreksel

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

 

Metode:

Verhit die botter en olie in ’n swaarboomkastrol oor matige hitte en braai die ui daarin tot sag en deurskynend.

Voeg die knoffel, soetrissie en murgampoentjie by en braai ’n paar minute saam.

Voeg die rys by en braai ’n paar minute saam met die groente voordat jy die bone en aftreksel aftreksel byvoeg en geur met sout en peper.

Roer goed deur, verlaag die hitte en laat so onbedek staan en prut vir ongeveer 20 – 30 minute of totdat die meeste van die vloeistof weggekook het.

Sit die stoofplaat af en laat staan die pot daarop.

 

Geniet hierdie resep op ’n lekker wintersaand saam met familie en vriende.
Bron: Toorkombuis

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?