Gesonde peuselhappies vir die winter

Wat is lekkerder as om op ’n koue wintersdag voor die televisie op te krul onder ’n warm kombers? Die peuselhappies wat daarmee saamgaan, natuurlik! Wees versigtig om nie dié winter te veel aan lekkernye weg te lê nie. Kies eerder gesonder alternatiewe om die wintervetjies sommer ver weg te hou. Dis boonop gesond en sal help om verkoue hok te slaan deur jou immuunstelsel ’n hupstoot te gee.

Superkosse vir die winter
Botterskorsie is ’n waardevolle bron van vitamiene C. Dis ook hoog in vesel en bevat antioksidante wat jou immuunstelsel ’n hupstoot sal gee.
Knoffel is propvol antioksidante wat help om verkoue en griep hok te slaan. Moet dit net nie oordoen as jy die volgende dag ’n afspraak het nie!
Appels is ’n goeie bron van kalium, vesel, antioksidante en vitamiene C. Eet die skil ook – dis waar die hoogste konsentrasie antioksidante is.
Patats is ’n goeie bron van vitamiene A wat ’n gesonde immuunstelsel ondersteun.
Jogurt bevat probiotiese bakterieë wat jou spysverteringskanaal help balanseer. Dit kan ook help om verkoues te voorkom.

Peusel gesond
Vermy ekstra kilojoules dié winter deur gesonder keuses te maak wanneer jy peusel. Al die kilojoulewaardes is bereken op ’n porsie van 100g

Vermy: Aartappelskyfies = 2 230 KJ
Geniet: Springmielies = 1 613 KJ
Vermy: Pretzels = 1 635 KJ
Geniet: Wortelstokkies = 148 KJ
Vermy: Sjokolade = 2 345 KJ
Geniet: Malvalekkers = 1 333 KJ
Vermy: Roomkaas-doopsous = 1 430 KJ
Geniet: Hummus = 695 KJ
Vermy: 1 Koppie warm sjokolade (met water) = 665 KJ
Geniet: 1 Koppie rooibostee = 13 KJ

Bron: Huisgenoot 19 Desember 2013, Calorieking.com

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?