Geniet die gasvryheid van Van Rhyn-gastehuis

Op Vanrhynsdorp, ’n rustige plattelandse dorpie, staan die Van Rhyn-gastehuis wat tradisionele Weskus-gasvryheid en -diens lewer. Dit is die ideale plek om ’n paar dae te bly en die omliggende area te verken. Die rykheid en die diversiteit van die Weskus, Knesvlakte, Hantam Karoo, Namakwaland en sy mense sal jou waarlik bekoor.

 

’n 100-jaar oue huis met sy Victoriaanse ontwerp vorm die hartjie van hierdie gastehuis. Die gastehuis is in die hoofstraat van Vanrhynsdorp geleë, baie na aan die N7-hoofpad. Daar is agt gerieflike en suite-kamers met een dubbelbed of twee enkelbeddens per kamer.

 

Die privaat swembadarea is ideaal vir luilekker, warm somersdae of om ’n skemerkelkie of al fresco-maaltyd te geniet. Die gastehuis is gelisensieerd.

 

Die gastehuis bedien ontbyt, middagete-pakkies en aandete indien dit vooraf so gereël is.

 

Jou gashere, Herbert, Terence en Richard, hoop jou verblyf is onvergeetlik.
Bron: lekkeslaap.co.za, Van Rhyn-gastehuis

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?