Geestelike oggend by Rooms with a View

Ons sê nie altyd genoeg hoe baie ons ons vriendinne en die mense naaste aan ons waardeer nie en soms kan ons nie die regte woorde vind nie, maar dit is belangrik dat dit gesê word.

Op 13 Mei vind daar ’n geestelike oggend om 09:30 plaas by die Rooms with a View-gastehuis net buite Vredendal. Dit is die perfekte geleentheid om jou goeie vriendinne, skoonma, ma en suster op ’n geestelike manier te leer ken. Die tema van hierdie geleentheid is dat ons glo dat Jesus ons op ’n wonderlike manier ontmoet en dat liefde nie perfek hoef te wees om wonderlik te wees nie. Die koste vir hierdie dag beloop R130 persoon en dit sluit iin ’n heerlike vingerete, sap en dalk ’n verrassing.

Nooi jou naastes en kom geniet die oggend saam met wonderlike vroue.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?