GAP-Behuisingsprojek

Matzikama-munisipaliteit nooi belangstellendes uit om hul aansoeke vir die GAP-behuisingsprojek by die behuisingsafdeling in te dien.  

GAP-behuising verwys na persone/gesinne wat ’n behoefte het aan bekostigbare behuising maar nie voldoen aan die vereistes om ’n RDP-woning te bekom nie weens hul inkomste of ander kwalifiserende vereistes. Tans is dit persone in die inkomste-kategorie van
R3 501 – R 15 000 wat verwys na die gesamentlike bruto huishoudelike inkomste.

Kriteria waaraan voldoen moet word:

  • Verplig om op munisipale databasis te registreer
  • Jy moet ’n Suid Afrikaanse burger wees of beskik oor ’n permanente verblyfpermit
  • Ouer as 18 jaar oud wees
  • Getroud/geskei met afhanklike
  • Geen geregistreerde eiendom of staatsubsidie vantevore reeds op u naam nie
  • Moet kredietwaardig wees

Vir navrae en aansoekvorms kontak Marinda Wessels (027 201 3463) of Priscilla Budaza (027 201 3375). Aansoeke moet nie later as 12:00 op 30 November 2017 ingedien word nie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?