Excelsiors-rugbyklub wen wedstryde op eie bodem

Op Saterdag, 27 Mei, het die manne in groen en goud van die Excelsior-rugbyklub gasheer gespeel vir die Attackers van Graafwater. Die wedstryde het plaasgevind op Klawer-Noord se sportterrein.

 

Excelsiors-rugbyklub se A-span het die Attackers met 45-25 geklop. Die puntemakers van die A-span is as volg: Drieë: Fabian Baardman (2), Sherwin Beukes (2), Calvin du Toit (2) en Darren Korner (1). Doelskoppe is waargeneem deur Godfrey Baadtjies (4) en Melvin Boks (1).

 

Die B-span van Excelsiors het die Attackers met 36-10 geklop. Drieë: Hilton Saal, Eboy van Rooi, Juan Abrahams, Jean Beukes, Dylan Blankenberg en Valentino Kondowe. Doelskoppe is oorgesit deur Hilton Saal (1), Jean-Jacque Koopman (1) en Hilton Lepel Matthee (1).

 

Baie geluk aan beide spanne van die Excelsiors-rugbyklub met julle oorwinnig en ook vir die goeie sportgees waarmee julle gespeel het.

 

Bron: Donovan Balata, afrigter van die Excelsiors-rugbyklub afrigter

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?