Excelsiors-rugbyklub teen Young Spurs

Eerskomende Saterdag gaan die manne van Excelsiors-rugbyklub van Klawer kragte meet met die manne van Young Spurs van Doringbaai.

Die tye wat die wedstryde gaan plaasvind is as volg: B-span skop om 14:45 en die A-span se wedstryd begin om 16:00. Toegangsfooie vir die dag is R5 vir kinders, R10 vir volwassenes en R10 vir voertuie. Daar sal ook lekker verversings te koop wees.

Hierdie gaan weer ’n dag wees vol hope pret en baie aksie. Baie sterkte aan al die spanne wat gaan speel. Mag julle die wedstryde geniet en mag die beste spanne die wedstryde wen.

Bron: Donovan Balata, afrigter van Excelsiors-rugbyklub

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?