Excelsiors Rugbyklub speel op eie bodem

Op Saterdag, 24 Junie, begin die tweede rondte van die rugbyliga amptelik en die manne van Excelsiors-rugbyklub van Klawer gaan gasheer speel vir die Vanrhynsdorp Eagles. Hierdie wedstryde sal plaasvind op Klawer-Noord se sportterrein.

 

Die wedstryde se tye is as volg: Die C-span gaan afskop om 13:30, die B-span se wedstryd begin om 14:45 en die A-span sal om 16:00 begin. Die toegangsfooie beloop R5 vir skoliere, R10 vir volwassenes en R10 vir voertuie. Maak seker jy is vroeg op die sportterrein om jou sitplek in te neem en jou gunsteling spanne te kyk. Die gees gaan beslis groot wees op die rugbyveld as hierdie spanne kragte gaan meet. Dit is beslis wedstryde wat jy nie wil misloop nie.

 

Bron: Donovan Balata, Excelsiors rugbyklub-afrigter

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?