Excelsiors-rugbyklub se uitslae

Op Saterdag, 29 Julie, het die manne in groen en goud van Excelsiors-rugbyklub van Klawer na Elandsbaai gereis om kragte te meet teen Elandsbaai-rugbyklub.

Die A-span van Excelsiors-rugbyklub het hul wedstryd met 25-29 teen die A-span van Elandsbaai verloor. Brandon Erasmus, Gilbert Epnaar en Juan Abrahams van Excelsiors het die drieë gedruk en Darren Korner het daarin geslaag om twee doelskoppe en twee strafskoppe oor te sit.

Die B-span van Excelsiors het die wedstryd teen Elandsbaai met 12-7 gewen. Drieë is gedruk deur Frank Eksteen en Eboy van Rooi. Gregory “Kapak” Filand het een doelskop oorgesit.

Volgens Donovan Balata, afrigter van Excelsiors-rugbyklub, was die harde wedstryde van Saterdag nie maklik nie, maar beide rugbyklubs het hul bes probeer en aan die einde van die dag het die beste spanne die wedstryde gewen.

“Die manne van Excelsiors moet hulself hierdie week voorberei en hard oefen vir hul wedstryde op hul tuisbodem eerskomende Saterdag, 5 Augustus, teen Delicious van Clanwilliam,” sê Balata.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?