Excelsiors-rugbyklub se oorwinning op tuisbodem

Die manne van Excelsiors-rugbyklub het op Saterdag, 13 Mei, kragte gemeet teen Citrusdal-rugbyklub. Die wedstryde het plaasgevind op Klawer-Noord se sportterrein (Afghanistan).

 

Excelsiors se A- en B-span het hierdie wedstryde gewen. Die A-span het Citrusdal met 36-20 geklop. Die puntemakers is as volg: Drieë: Reagon Boks (Bom), Jerome Johnson, Marius Ockhuis (Ipe). Melvin Boks (Boere) het twee stelskoppe en een strafskop oorgesit.

 

Die B-span van Excelsiors klop Citrusdal met 22-21. Die puntemakers van die B-span: Drieë: Juan Abrahams (Oom Booi), Danfe van Rooy (Dip), David Diergaardt (Dawie), Clifford Saal (Bill), Peter John van der Westhuizen (Pee). Gregory Filand (Kapak) het gesorg vir drie stelskoppe.

 

Baie geluk aan Excelsiors-rugbyklub met die oorwinning. Hierdie wedstryde is net wat julle nodig gehad het om julle selfvertrou weer op te bou.
Bron: Donovan Balata, Excelsiors-afrigter

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?