Ester-konferensie

Op Saterdag, 26 Augustus, kom bied ds. Elsa Meyer van Turn2God Ministries ’n

Ester-konferensie vir alle vroue van die Namakwaland in die NG Kerk op Klawer van 09:00 tot 16:00 aan. Ds. Elsa sal ook die volgende dag die erediens waarneem.

Volgens Engela Adriaanse, een van die organiseerders van die konferensie, is die konferensie nie ’n fondsinsameling ten bate van een of ander organisasie nie, maar ’n geleentheid vir elke vrou om geestelik ryker te word en beter toegerus te word vir die tyd waarin ons leef.

“Die feit dat ds. Elsa self vir die konferensie kom, maak dit veral baie spesiaal en dit duur slegs vir een dag, wat dit in ’n baie besige sportkwartaal met ’n Augustusmaand wat propvol bedrywighede is, heeltemal haalbaar maak,” sê Adriaanse

Adriaanse voeg ook by hulle probeer ook deur middel van skenkings vir vroue wat minder bevoorreg is en dus nie op eie koste die konferensie kan bywoon nie help, want hulle nood vir geestelike kos en verryking is net soveel groter.

“Ons wil graag ’n groot geestelike herlewing in Namakwaland teweegbring, sodat hierdie eintlik net die begin is en ek hoop ons sien sommer baie van u daar – Moenie hierdie kosbare groei-geleentheid misloop nie,” sê Adriaanse.

Kaartjies beloop R150 per persoon en sluit ʼn ligte middagete in.

Vir meer inligting oor die konferensie of om jou kaartjie te koop kontak Esré Ackerman of Estelle Bornman van Miracle Babies op Vredendal by 084 548 6841.

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?