El Clay keer terug na Vredendal

Ná vyf maande van musiek maak in Mexico keer El Clay eersdaags terug na Suid Afrika en ook na sy tuiste op Vredendal.

Met sy terugkeer van Mexico na Vredendal gaan El Clay sy aanhangers vermaak met een aand van lekker musiek. Hy sal saam met sy musiekgroep HB Live optree. Die optrede word ondersteun deur Kaapstad se Superster, Rique Nelson, en musiek gaan verskaf word deur Bertram Dirkse (DJ Krayzie).

Die aand se verrigtinge vind plaas op 13 April om 20:00 in die Vredendal-Noord-gemeenskapsaal. Kaartjies is R50 per persoon. Die aand gaan beslis iets wees om na uit te sien. Koop nou jou kaartjie om teleurstelling te voorkom. Kaartjies is beskikbaar by Bertram Dirkse.

El Clay, jy kan trots wees op jouself en dat jy so ver gereis het en naam gaan maak het vir jouself. Al jou aanhangers sien uit na jou optrede en om jou weer te sien optree.

Bron: El Clay

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?