El Clay besoek Lambertsbaai

Die welbekende sanger en Vredendaller, Emile Clayton Isaacs of El Clay, soos hy vir baie bekend staan, gaan eersdaags weer sy aanhangers vermaak met ’n lekker musiek-optrede. Die verrigtinge sal op 27 Mei plaasvind by die San Alfreds-kroeg op Lambertsbaai. Vir meer inligting oor El Clay se optrede asook die tyd en toegangsfooie van die geleentheid, hou El Clay se Facebook-blad dop. Skryf en bêre nou hierdie datum in jou dagboek want jy wil dit beslis nie misloop nie. Dit gaan weer ’n optrede wees om na uit te sien.
Bron: Emile Clayton Isaacs (El Clay), Facebook-blad

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?