Eksterne werksessies verhoog kreatiwiteit

Werknemersopleidingsprogramme en voortgesette onderwysinisiatiewe is noodsaaklik vir die sukses van enige maatskappy – groot of klein – omdat maatskappye net so suksesvol is soos die mense wat daar werk.

Opleidingsessies, opvoedkundige werksessies of bestuursvergaderings by ’n plek buite die werksomgewing bied talle voordele aan maatskappye. Idma@Kapel net buite Vredendal bied ’n spoggerige venue perfek vir enige besigheid wat op soek is na ’n vergaderlokaal.

Voordele van eksterne besigheidsaktiwiteite sluit in verhoogde fokus en kreatiwiteit, verbeterde ervarings, en beter verhoudings tussen werknemers. Steve Jobs het gesê jy kan nie produktiwiteit mandateer nie, jy moet die gereedskap verskaf sodat mense die beste weergawe van hulself kan word.

Idma@Kapel bied die nodige tegnologie en hulpbronne vir die doeltreffende en suksesvolle funksionering van vergaderings en opleidingsessies buite die werkplek.

Die venue kan tot en met 100 gaste hanteer vir konferensies en kongresse en bied ’n spoggerige lugversorgde venue met ’n oorhoofse projektor, grootskerm-televisie en Internet. “Die Idma@Kapel-kombuis bied ook topklas etes en peuselhappies op aanvraag, gemaak deur die internasionale opgeleide spysenieringspan,” sê Marinda Teubes, mede-eienaar van Idma@Kapel.

Verbeter jou vergaderings en opleidingsessies en sodoende ook jou besigheid se produktiwiteit met Idma@Kapel. Geen funksie is te groot of te klein nie.

Facebook: @idmakapel
Instagram: @idmakapel
Twitter: @idmakapel
Web: www.idma.co.za

            

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?