Edk Besigheidsmasjiene

Van 1 Mei 2000 is EDK Besigheidsmasjiene werksaam in die Namakwaland, Karoo en die Weskus. As amptelike Kyocera- en Risograph-handelaars, lewer hul diens aan die gemeenskap oral waar daar ’n behoefte is vir kopieer, skandeer, faks en drukwerk.

EDK verstaan die behoeftes van hul kliënte en sal hul produkspesialiste vir elke kliënt die regte toerusting aanbeveel. “We are a document-solutions company!”

EDK Besigheidsmasjiene beskik oor ’n volledige werkswinkel met puik opgeleide tegnici wat alle handelsname van drukkers, faksmasjiene en kopieerders kan diens en herstel. Hulle werk is gewaarborg.

Die Office National-afdelingis verantwoordelik vir al die skryfbehoeftes en kantoormeubels volgens u behoeftes. Aflewering is beskikbaar in die volgende streke: Matzikama, Cederberg en Hantam. Kontak hulle vir al die nuutste pryse en uitstekende diens. Hulle is ook verskaffers van snippermasjiene (shredders), lamineerders en ’n wye reeks bindmasjiene.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?