Druiwe-oestyd skop af

Boere in die omgewing maak hul gereed om vandeesweek met volle mag te begin met vanjaar se groot druiwe-oes. Dit is ’n baie besige tyd vir die boere en ander lede van die omgewing. Om druiwe te oes is ’n baie presiese prosedure.

Twee dae voor die oes moet die suikerinhoud van die druiwe gemeet word om seker te maak dit kan aan kelders gelewer word. Die son het natuurlik ’n baie groot invloed op die suikerinhoud van die druiwe. As die suikerinhoud egter vroegoggend gemeet word, sal jou druiwe nog basies dieselfde suikerinhoud hê as wat dit twee dae tevore was.

Nadat die oesmasjiene deur die rye geloop het, moet daar mense ingaan om seker te maak dat alle trosse van die stokke af is sodat daardie kosbare druiwe wat steeds hang, nie verlore gaan nie. So wees op die uitkyk vir oesmasjiene en vragmotors wat die vragte druiwe vervoer.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?