Druiwe-oes se syfers sover

Die druiwe-oes is al ’n hele tyd lank aan die gang en sal nog duur tot omtrent die einde van die maand. Vragmotor -en trekkerdrywers bly aan die gang, baie tonne druiwe is al gelewer aan kelders en nog ’n hele paar ton sal nog inkom tot einde van die maand.

Die syfers by Namaqua-wynkelder vir die jaar lyk so :

68 500 ton is al vanjaar gelewer
36 000 ton word nog verwag vir die res van die oes
103 000 tot 110 000 ton word jaarliks aan die kelder gelewer

Die gehalte van die druiwe is vanjaar ontsettend goed, beter as vroeër jare. Die weer en die aantal water wat die druiwe gekry het voor en gedurende die oes, was uitstekend. Die oes gaan nog on sowat drie weke duur as alles verloop volgens skedule en niks verkeerd gaan nie. Ons wens al die boere, hul drywers en die kelders baie sterkte toe in hierdie warm en besige tyd wat hulle tans ondervind.

Bron: Pieter Verwey, produsente-verhoudingsbestuurder by Namaqua Wines.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?