Droogtehulpfonds-projek bereik nuwe hoogtes

Burre Burger, stigter van die droogtehulpfonds-projek, het aangekondig dat hul span nuwe hoogtes bereik het. Burre en sy span het aansoek gedoen om ses vragte mielies gratis en sonder enige belasting oor te vat na Namibië om die boere in die suide van Namibië te help. Die permit vir die vragte mielies is goedgekeur.

“Ons kan dié week slegs een al laai omdat ons ook mielies laai vir Merweville, Willowmore en Riversdal en dan laai ons nog ’n vrag lusern in Alldays, ’n vrag lusern na Jacobsdal, twee vragte lusern na Malalaan en ’n vrag bale na Wellington. Ons doen dus hierdie week nege gratis vragte voer na boere. Ons help enige ras en enige ouderdom,” sê Burger.

Burger het op 3 Maart op Calvinia met die projek begin. Hy het hulp verleen tydens die droogtekrisis wat Calvinia ondervind het en die projek het uitgebrei na ander plekke soos Bitterfontein, Eksteenfontein, Brandvlei, Kliprand, Pofadder, Vredendal en nog vele meer.

Doen jou deel en wees deel van die droogtehulpfonds-projek. Jy kan ʼn groot verskil maak en help om die droogtekrisis te verminder. Indien jy dalk ʼn skenking wil maak, kan jy dit by die volgende rekening doen:

FNB Rekening
Rekening: 62077456096
Tak: 250655
Verwysing: Droogte nood
Epos: burre@twobrothers.co.za

“Die verlede is die verlede, ons moet fokus op die toekoms. As ons almal vorentoe kyk en mekaar help, kan ons die land verbeter en ander nuwe hoop gee,” sê Burger.

Vir meer inligting kontak Burre Burger by 082 970 9219 of sluit aan by sy Facebook-groep, Droogte Hulp (met Burre Burger).

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?