Droogtehulp-projek

Die Wes-Kaap beleef tans ʼn droogte en het ook ʼn groot watertekort. Almal weet dat water ook ʼn skaars hulpbron is. Met die waterkrisis wat ons tans beleef, kan jy jou deel doen en help om ʼn bydrae te maak.

Burre Burger, stigter van die droogtehulpfonds-projek, het reeds op 3 Maart op Calvinia met die projek begin. Hy het hulp verleen tydens die droogte krisis wat Calvinia ondervind het en die projek het uitgebrei na ander plekke soos Bitterfontein, Eksteenfontein, Brandvlei, Kliprand, Pofadder, Vredendal en nog vele meer.

“Ek het op Vrydag, 3 Maart met die droogtehulp projek begin en op Sondag, 5 Maart het ek my eerste vrag voer op Calvinia afgelaai en in totaal het ek 231 vragte afgelaai,” sê Burger.

Burger voeg ook by dat personeel van Jacaranda FM eerskomende Saterdag, 16 September, 26 vragte voer na Vredendal sal ry om die boere in die Matzikama-streek te help.

“Ons gaan op Sondag, 17 September, om 11:00  ʼn dankdiens hou by Vredendal-Suid se sportterrein en almal in die Matzikama-streek, veral die boere, is welkom om die diens by te woon,” sê Burger en voeg ook by dat die voer wat Jacaranda FM skenk sal ná die dankdiens oorhandig word aan al die boere in die Matzikama omgewing.

“Ek is ook besig om ʼn boek te skryf oor my lewe en hoe ek ander kan help, die naam van die boek is: My droë lewe,” vertel Burger.

Doen jou deel en wees deel van die droogtehulpfonds-projek. Jy kan ʼn groot verskil maak en help om die droogtekrisis te verminder. Indien jy dalk ʼn skenking wil maak, kan jy dit by die volgende rekening doen:

FNB Rekening

Rekening: 62077456096

Tak: 250655

Verwysing: Droogte nood

Epos: burre@twobrothers.co.za

“Die verlede is die verlede, ons moet fokus op die toekoms. As ons almal vorentoe kyk en mekaar help, kan ons die land verbeter en ander nuwe hoop gee,” sê Burger.

Vir meer inligting kontak Burre Burger by 082 970 9219 of sluit aan by sy Facebook groep, Droogte Hulp (met Burre Burger).

     

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?