Droogtehulp-projek skenk voer aan boere

Die naweek is daar heelwat trane gepik in Vredendal toe die gemeenskap Saterdagaand saamgestaan het en gewag het om die konvooi vragmotors gelaai met voer wat die dorp binnekom, te verwelkom, en weer Sondag tydens die gedenkdiens toe die voer aan die boere uitgedeel is. Die reuse skenking is deel van Burre Burger se droogtehulp-projek wat deur die publiek en ondernemings befonds word om hulp aan droogte-gebiede te verleen.

Die Wes-Kaap beleef tans ʼn droogte en het ook ʼn groot watertekort. Almal weet dat water ook ʼn skaars hulpbron is en die boere en hul diere lei erg daaronder. Met die waterkrisis wat ons tans beleef, kan jy jou deel doen en help om ʼn bydrae te maak.

Burre Burger, stigter van die droogtehulpfonds-projek, het reeds op 3 Maart op Calvinia met die projek begin en is steeds besig om hulp te verleen aan plekke soos Bitterfontein, Eksteenfontein, Brandvlei, Kliprand, Pofadder, Vredendal en nog vele meer.

Op Vrydag, 15 September, het 28 vragte voer van Pretoria na Vredendal gereis en die voer het op Saterdag, 16 September om ongeveer 23:00 op Vredendal aangekom. Talle mense in die Matzikama-streek het Saterdagaand in Voortrekkerstraat bymekaar gekom om die 26 vragte met voer te verwelkom.

Op Sondag, 17 September was daar om 11:00  ʼn gedenkdiens op Vredendal-Suid se sportterrein en die voer is na die gedenkdiens uitgedeel aan die boere in die Matzikama-streek.

Volgens Burre Burger, stigter van die droogtehulpfonds-projek, was dit ʼn wonderlike naweek en dit was ʼn reuse sukses. Ongeveer 690 bale voer en 230 ton mielies is deur boere van die Standerton en Vaal-distrik aan die boere in die Matzikama-streek geskenk.

“Ek hou van wat ek doen en ek hou van hierdie projek waarmee ek besig is,” sê Burger.

Indien jy dalk ʼn skenking wil maak, kan jy dit by die volgende rekening doen:

FNB Rekening

Rekening: 62077456096

Tak: 250655

Verwysing: Droogte nood

Epos: burre@twobrothers.co.za

Vir meer inligting kontak Burre Burger by 082 970 9219 of sluit aan by sy Facebook groep, Droogte Hulp (met Burre Burger).

Hyperlink: https://www.facebook.com/groups/Droogte.hulp/about/

 

     

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?