Driehoek-byeenkoms ’n sukses

Op Dinsdag, 14 Februarie, het Hoërskool Vredendal se atlete aan die Driehoek-byeenkoms by Augsburg gaan deelneem. Dit was ’n suksesvolle byeenkoms en verskeie rekords het gespat. Tien rekords is deur Hoërskool Vredendal se atlete verbeter.

Gewigstoot Meisies o.15 Zeree Kershoff; 200m Meisies o.15 Carli Coetzee; 200m Seuns o.15 Ethan Isaacs; 200m Seuns o.17 Pierre de Villiers; Gewigstoot Meisies o.17 Marsha van Wyk; Verspring Meisies o.17 Itha Steyn; 100m Meisies o.15 Carli Coetzee; 100m Seuns o.15 Ethan Isaacs; 4x100m Aflos Meisies o.15; 4x100m Aflos Seuns o.15.

Augsburg het die jaar se byeenkoms gewen met 54 164 punte. Vredendal was tweede met 40 586. Hoërskool Vredendal is nog steeds baie trots op hul atlete wat baie goed gevaar het en wee eens kon hulle ook trots wees op hulle gedrag en uitdra van die skool se naam.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?