Drie van die Bestes hou konsert vir liefdadigheid

Merk 25 Oktober op jou kalender as ’n belangrike datum. Mathys Roets, Danie Niehaus en
Kevin Leo kom by mekaar as Drie van die Bestes vir ’n onvergeetlike aand ten bate van Wiele500.

Wiele500 is ’n liefdadigheidsorganisasie wat wiele-bene verskaf aan diegene wat meer onafhanklikheid begeer.

Die aand gaan propvol goeie musiek, lekker wyn, vingerhappies, sjokolade, droëwors en biltonghappies wees. Daar sal ook ’n kontantkroeg beskikbaar wees.

Die vertoning word voorafgegaan met ’n eksklusiewe veiling saam met Tiny van
Rensburg wat om 18:30 begin.

Die vertoning vind plaas by die Drostdy Teater op Stellenbosch en kaartjies kan gekoop word op www.drostdyteater.co.za. Kaartjies kos R250 per persoon en word vinnig opgeraap. Maak seker jy kry jóú kaartjie so gou moontlik om teleurstelling te voorkom.

Berig verskaf deur Sterre. Besoek Sterre se webtuiste vir nog opwindende nuus en artikels. sterre.co.za/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?