Dress-A-Kid oorhandig skoolklere

Dress-A-Kid bestaan uit ʼn groep vriende wat minderbevoorregte leerders in die Matzikama-streek voorsien van skoolklere en die nodige bykomstighede.

 

Die groep het op Vrydag, 26 Mei, Maskam Primêre skool op Vanrhynsdorp besoek. Hulle het veertig leerders se harte bly gemaak toe hulle die leerders voorsien het van die nodige skoolklere wat bestaan uit: ’n sweetpaktop, skoolhemp en skoene. Hierdie leerders is nou gereed vir die koue winter wat reeds hier in die Matzikama-streek is.

 

Baie dankie aan die lede van Dress-A-Kid vir hierdie mooi gebaar. Julle moeite en harde werk word baie waardeer. Mag julle aanhou met die goeie dade.
Bron: Maskam Primêre Skool, Facebookblad

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?