Doendinge in die Matzikama-streek

As jy die naweek nog geen planne het nie, moet jy beslis hierdie buitelug-aktiwiteite in die Matzikama-streek probeer, of jy nou ʼn plaaslike inwoner of ʼn besoeker is. Ons streek is bekend vir wynkelders wat die lekkerste wyne produseer. As jy jouself in die Matzikama-streek bevind moet jy die volgende buitelug-aktiwiteite doen en ook die veskillende wynkelders besoek:

Buitelug-aktiwiteite

Bergfietsroetes:
Fietsryliefhebber kan verskeie bergfietsroetes in die omgewing aan aandurf. Een van die roetes wat jy kan probeer is die Viswater-roete wat by Doringbaai begin en tot by Papendorp strek. Dit is een manier om jouself besig te hou en die buitelug te geniet. Vir meer inligting oor die bergfietsroetes, kontak die Namakwa Weskus Toerismekantoor op Vredendal by 027 201 3376.

Wateraktiwiteite:
Neem jou gesin op ʼn uitstappie na die see toe waar jy wateraktiwiteite soos kanoe- en riviervlotvaarte op Doringbaai kan geniet. Vir meer inligting kontak Namakwa Weskus Toerismekantoor op Vredendal by 027 201 3376.

Blomtoer-roetes:
As jy graag meer wil weet oor blomme of op ʼn blomtoer wil gaan, kontak gerus vir Mike Spies van Namakwa Toere deur ʼn e-pos te stuur na mike@namakwatoere.com of kontak Nelda van Zyl by 084 517 2519 of stuur ʼn e-pos na nelda@thewinetender.co.za.

Matzikama-staproetes:
As jy daarvan hou om te stap moet jy gerus die Maskam-gasteplaas besoek waar jy kan stap asook 4×4-roetes kan geniet. As jy die Matzikama-streek verder wil verken, kan jy die staproete tussen Papendorp en Strandfontein probeer. Vir meer inligting oor die stap-en 4×4-roetes, kontak die Namakwa Weskus Toerismekantoor op Vredendal by 027 201 3376.

Voëlkyk-aktiwiteite:
Die Matzikama-streek is ook bekend vir die wye verskeidenheid mooi voëls. As jy graag van die voëls wil aanskou, kontak Salome Willemse by 027 219 1202 of stuur ʼn e-pos na japiewillemse@telkomsa.net.

Sterrekyk-aktiwiteite:
As jy ʼn liefhebbber van sterre en die nag is, moet jy beslis Lankverwacht-gasteplaas op Vanrhynsdorp besoek. Die gasteplaas bied die mooiste sterrekyk-geleenthede aan op ʼn wolkvrye aand. As jy deel wil wees van hierdie wonderlike geleentheid, besoek Lankverwacht-gasteplaas by www.lankverwacht.co.za, kontak Nelda van Zyl by 084 517 2519 of stuur ʼn e-pos na nelda@thewinetender.co.za.

Wynkelders

Klawer Wynkelder:
Klawer Wynkelder is op die N7 geleë en bekend vir hul gehalte wyne. Wyne soos Chenin Blanc, Merlot, Sauvignon Blanc en Pinotage word by dié kelder gemaak. Hulle bied ’n gratis wynproe by die kelder aan en het ook lieflike groen grasperke waarop jy kan ontspan en ’n bottel wyn geniet. Bespreek vir ’n wynproe-sessie by 027 216 1530 of stuur ’n e-pos na ontvangs@klawerwyn.co.za.

Teubes-wyne:
Teubes-wyne spog met ’n verskeidenheid wyne, waaronder rooiwyn wat al vir drie generasies gemaak word. Hulle het heerlike kos en bied ’n verskeidenheid wynproë aan. Indien jy belang stel om die wyn te proe, kontak hulle by 027 213 2377 of www.teubeswines.co.za.

Namaqua-wynkelder:
Namaqua-wynkelder is bekend vir hul restaurant en wynproelokaal, Die Keldery. Die restaurant is bekend vir lekker geregte en hul gasvryheid. Hulle bied ook ’n gratis wynproe aan en sjokolade en biltong wynparings teen R35. Indien jy meer inligting oor Namaqua-wynkelder benodig, kontak 027 213 3698 of besoek hul webwerf by www.namaquawines.com of www.diekeldery.com.

Maskam Brewing Company:
MBC is bekend vir hul craft biere en vriendelikheid. Hulle spyskaart bied heerlike opsies en wyn en die restaurant het ’n gesellige atmosfeer. Maskam Brewing Company is geleë langs die R363 tussen Vredendal en Lutzville. Bespreek by 082 888 0119 of maree@maskambrewing.co.za.

Besoek hierdie kelders en doen hierdie buitelug-aktiwiteite oor die naweek of tydens die blomme- en somerseisoen. Dit is beslis die moeite werd en iets om na uit te sien.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?