Doen-dinge op Strandfontein

As jy nog geen planne vir Sondag het nie kan jy gerus Strandfontein – die juweel van die Weskus, besoek en Moeder Natuur met al haar mooie staproetes ervaar.

Strandfontein spog tans met verskeie staproetes. Die roetes wat jy en jou gesin of vriende kan geniet, is as volg:

Noordkyker-roete:
Die roete begin by die ingang van Strandfontein en dit is ʼn 16 km-staproete na en van die Olifantsriviermond.

Kransrant-roete:
Die roete begin ook by die ingang van Strandfontein en het die mooiste uitsigte oor Fryer’s Cove en die Wandelende Walvis-labirint. Die roete strek oor 16 km.

Olifant-dagstaproete:
Die roete strek oor 4 km en dit begin ook by die ingang van Strandfontein. Hierdie roete bied jou ’n pragtige blik op die vetplant Karoo-plantegroei wat ook deel uitmaak van die Knersvlakte-bioom.

Vir meer inligting oor die staproetes kan jy vir Lehan en Tania Fouché skakel by 078 743 0549 of 072 154 3887.

Jy hoef nie Sondag by die huis deur te bring as jy hierdie staproetes saam met familie of vriende kan aandurf nie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?