Dobbelsteun tree op

Die naweek is dit Klipfees op Garies. Dobbelsteun is Vrydagaand die vermaak met ’n dans en Saterdag deur die dag ook vir ’n lekker kuier. Die fees beloof iets vir die hele familie. Moet dit nie mis nie.

 

Klipfeesprogram is van 28 tot 30 April

Vrydag om 19h00 is kuieraand plus ete met Dobbelsteun. Toegang is R100 vir volwassenes en R50 vir kinders. Etes sal ingesluit wees.

 

Saterdag 29 April

Om 07h00 is daar ’n bergfietsren 25.5 km en draf/pretloop oor 4.75km.

Hekke en stalletjies open om 10h00. Toegang by hekke met R20 vir volwassenes en R10 vir kinders.

Verskeie kos- en ander stalletjies, musiek en vermaak deur die loop van die dag. Dobbelsteun tree weer op die dag.

Saterdagaand is dit dans met Klipwerforkes. Kaartjies is R120 p.p. en etes sal te koop aangebied word.

 

Sondagoggend 10h00 is daar ’n feesdiens in die kerk.
Vir enige navrae of besprekings, skakel Ansie Kotze. Kerkkantoor 027-6521068 en huisnr. 027-6522413

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?