Dit is blomtyd in die Wes-Kaap

Lente is om die draai en die pragtige blomme in die Wes-Kaap pronk alreeds in die veld. Indien jy op ’n blommetoer, of na ’n -skou wil gaan, moet jy beslis by die volgende plekke ’n draai maak:

Cape Floral Kingdom Expo
Die Cape Floral Kingdom Expo vind plaas van Donderdag, 31 Augustus tot Sondag, 3 September by die Kleinplasie Mega Park op Worcester. Daar is verskillende stalletjies en vele meer. Toegang beloop R100 vir volwassenes, R70 vir pensioenarisse, R30 vir kinders (13 tot 18 jaar), R10 vir kinders tussen 3 en 12 jaar en gratis vir kinders twee jaar en jonger. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos aan Inge Lakey by inge@megagrp.co.za.

Darling-veldblommeskou
Die veldblommeskou vind plaas van Donderdag, 14 September tot Sondag, 17 September by die Darling-gholfklub plaas. Dit is vanjaar die 100ste bestaansjaar van dié skou en is beslis een wat jy nie kan misloop nie.

Mamre-veldblommeskou
Die Mamre-veldblommeskou vind plaas van Vrydag, 15 tot Sondag, 17 September by Die Werf van die ou meul plaas. Daar is lekker stalletjies waar jy lekkernye kan koop en hope vermaak om na uit te sien. Toegang beloop R10 vir kinders en R30 vir volwassenes. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos aan Thys Greeff by thysgreeff@isat.co.za.

Maak seker jy mis nie een van hierdie geleenthede nie. Dit gaan beslis die moeite werd wees om by te woon.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?