Die wonders van Thornbay Accommodation

Thornbay Accommodation bied verblyf op Doringbaai, ’n klein dorpie in die suide van Namakwaland aan die Weskus. Hiér kan jy in ’n rustige en vriendelike omgewing ontspan.

Ons het agt volledig toegeruste selfsorgwoonstelle met fantastiese uitsigte oor die Doringbaai-hawe, -vuurtoring en die see. Doringbaai se pragtige sonsondergange oor die Atlantiese Oseaan kan ook vanuit die woonstelle geniet word. Ontbyt, middagete en aandete kan in die restaurant gereël word.

Al die woonstelle kyk uit op die see en bied onbelemmerde uitsigte oor die oseaan wat net ’n paar meter ver is.

Elke woonstel het ’n volledig-toegeruste kombuis- en sitarea. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring. Elke woonstel het ook ’n braai-area en ’n privaat ingang. Die woonstelle beslaan onderskeidelik die grondvloer en eerste verdieping. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Ander geriewe sluit in die ontspanningskamer met ’n pooltafel, veerpyltjiebord en bibliotekie, asook ’n trampolien en swembad.

Daar is ’n vissery waar jy seekos, kaggelhout en ys kan aanskaf. Daar is ook hengel- en duikgereedskap. ’n Restaurant, kroeg en verskeie kitskosrestaurante is net ’n paar minute se ry van die woonstel af indien jy nie lus is om kos te maak nie.

Van jou patio kan jy op mooiweersdae kyk hoe die plaaslike vissermanne met hul vangste vis of kreef van die diep waters terugkeer.

Kom ontdek hierdie besonderse deel van die wêreld by Doringbaai. Raak saans langs die koel Atlantiese Oseaan aan die slaap en gaan verken bedags die warmer binnelandse dorpies. Die dorp is ook naby verskeie interessante dorpe. Links lê Lambertsbaai, Clanwilliam, Elandsbaai en Velddrift. Na regs is die Olifantsriviermond, Strandfontein, Papendorp en ’n 4×4-roete al langs die Weskus. In die binneland is Vredendal, Vanrhynsdorp, Klawer, Springbok en Nieuwoudtville.

Dié omliggende areas rondom Doringbaai bied vir enige besoeker baie om te sien en te doen. Gaan stap langs die afgeleë strande, geniet 4×4-roetes, daar is moontlikhede vir walviskyk en visvang, die Olifantsriviermond-voëlreservaat, staproetes teen die hange by die see of in die berge, Namakwaland se blomme (laat winter en lente), ’n wêreldbekende vetplantkwekery, wynroetes op Doringbaai begin en vele meer.

Bron: Lekkeslaap.co.za, Thornbay Accommodation

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?