Die wonders van die Matzikama

Die Matzikama-streek word dikwels onderskat. Dit is dalk ’n stil streek met klein dorpies, maar mense sien nie altyd die groter prentjie raak nie. Hier is ’n ander soort mooi, ’n mooi wat maak dat die stilte raas.

 

Dit is so wonderlik om soggens op te staan en die ryp oor die wingerde te sien lê of die groenigheid met die Olifantsrivier wat langs die wingerde afstroom. In die Matzikama kry kinders nog die kans om pure kind te wees – hulle speel nog wegkruipertjie en swem in die rivier. Hulle speel buite met hul speelgoed en ry fiets. Dit is een van mooiste eienskappe wat Matzikama kan aanbied.

 

Die nagte is pikdonker en die sterre lyk so naby dat dit voel of jy aan hulle kan raak. In die nag is die sterrevorms, soos die skerpioen en die perd en nog vele ander, duidelik sigbaar. Die aande is heerlik, kinders en self ouers kan buite lê en die sterre bekyk asof dit ’n film is. Dit is werklik ’n besonderse mooi streek waarin ons woon. Ons kan beslis trots wees.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?